Posts

Showing posts from August, 2021

Ek gee oor...

Image
Ek wil hê jy moet weet ek het nie ophou soek nie ek het dalk 'n tydelike afleiding gevind of gevoel ek moet op 'n ander plek eers help  mag jy die waarheid in my oë sien, deur my warboel woorde My hart lees, wanneer my woorde nie sin maak nie My hare in die wind as 'n wit vlag sien Ek gee my oorloeë oor aan jou Ek het klaar geveg Mag jy my stil swye verstaan en my hand verewig in joune geanker hou Sodat die storms my nie uit joune los ruk nie Moet nooit my vlerke knip nie Ontmoet my eerder daar