Ek gee oor...
Ek wil hê jy moet weet ek het nie ophou soek nie
ek het dalk 'n tydelike afleiding gevind
of gevoel ek moet op 'n ander plek eers help
mag jy die waarheid in my oë sien, deur my warboel woorde
My hart lees, wanneer my woorde nie sin maak nie
My hare in die wind as 'n wit vlag sien
Ek gee my oorloeë oor aan jou
Ek het klaar geveg
Mag jy my stil swye verstaan
en my hand verewig in joune geanker hou
Sodat die storms my nie uit joune los ruk nie
Moet nooit my vlerke knip nie
Ontmoet my eerder daar
Comments
Post a Comment