Dansende vlerke...
Sy wou vir ewig kaalvoet dans Vry onder die sterre Hare wild in die nag lig met haar glimlag wat eeue ou geheime verklap en oë wat die donker en die lig van die lewe kon voel Sy wou met alle mag net vlieg...sorgloos maar syt nie veilig gevoel in haar eie vel en deur mekaar vere nie Sy was bang vir die skaduwees van die nag wat haar te styf vas gehou het of haar vlerke wou knip of haar geraamtes wou lees en kaal uittrek Min het sy besef dat hulle ook nes sy opsoek was na dieselfde wolke wat verby die maan seil en die skouspel van die midder nag danse onder die maan Dis toe dat sy besef dit was al die tyd sy self wat met die skêr staan en sonder moeite haar eie vlerke knip want 'n komeet bly nie op 'n beplande wentel baan nie uit die vrees van ander mense se waarhede oor haar Met die beseffing...het sy die skêr die keer laat val in die sand en het sy los gebars uit die pik nag donkerte uit en veiligheid om die vuur van lewe gevind Sy het begin dans dat die bandjies om haa...