Dansende vlerke...


Sy wou vir ewig kaalvoet dans

Vry onder die sterre

Hare wild in die nag lig

met haar glimlag wat eeue ou geheime verklap

en oë wat die donker en die lig van die lewe kon voel

Sy wou met alle mag net vlieg...sorgloos

maar syt nie veilig gevoel in haar eie vel en deur mekaar vere nie

Sy was bang vir die skaduwees van die nag wat haar te styf vas gehou het

of haar vlerke wou knip

of haar geraamtes wou lees en kaal uittrek

Min het sy besef dat hulle ook nes sy

opsoek was na dieselfde wolke wat verby die maan seil

en die skouspel van die midder nag danse onder die maan

Dis toe dat sy besef dit was al die tyd sy self

wat met die skêr staan

en sonder moeite haar eie vlerke knip

want 'n komeet bly nie op 'n beplande wentel baan nie

uit die vrees van ander mense se waarhede oor haar

Met die beseffing...het sy die skêr die keer laat val in die sand

en het sy los gebars uit die pik nag donkerte uit en veiligheid om die vuur van lewe gevind

Sy het begin dans dat die bandjies om haar enkels klingel en skud met vryheid en oorgawe

en die glimlag op haar mond het al hoe groter geword soos wat die  waarheid nie meer saak gemaak het nie

Haar hakkies hart het ligter begin voel

en sy het met vrede haar oë toe gemaak en deur die melk weg van die lewe gedans

Skielik het die swart massas en sateliete haar nie meer gepla nie

En was sy nie bang om venus met oorgawe te laat leef nie

Want sy kon haar vlerke sprei...sy was vry...

E...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...