Woord Splinters
Somtyds is dit 'n liedjie op herhaal wat die woorde laat los skilfer van die mure om my hart Dit is daardie skilfers wat om my voete val, waarmee ek die wêreld wil mooi verf Soms maak die woorde kwas strepe wat ek niks mee kan maak nie Maar soms blom die woorde in die laatmiddag son Ander dae is dit 'n fluistering op die wind wat my vind Wat wortelskiet en spruit in die krake van my mure En dan ontvou dit in die mooiste soektogte na mense se harte Want ekt geleer...in woestyne mag dit ook reën En dan is daar die stil oomblikke... Niks wat op die wind met my praat nie Dis anders as toe ek my verf splinters nie in n kissie kon hou nie en hul misverstaan was Maar in daardie wind stiltes is daar 'n vrede... Want net soos daar n reënboog na die onheil kom Weet ek, ek sal weer my verf splinters optel en my lugkastele verkleur...lewend maak...want daar's hoop in woorde E...