Woord Splinters

Somtyds is dit 'n liedjie op herhaal wat die woorde laat los skilfer van die mure om my hart
Dit is daardie skilfers wat om my voete val, waarmee ek die wêreld wil mooi verf
Soms maak die woorde kwas strepe wat ek niks mee kan maak nie
Maar soms blom die woorde in die laatmiddag son

Ander dae is dit 'n fluistering op die wind wat my vind
Wat wortelskiet en spruit in die krake van my mure
En dan ontvou dit in die mooiste soektogte na mense se harte
Want ekt geleer...in woestyne mag dit ook reën

En dan is daar die stil oomblikke...
Niks wat op die wind met my praat nie
Dis anders as toe ek my verf splinters nie in n kissie kon hou nie en hul misverstaan was
Maar in daardie wind stiltes
is daar 'n vrede...
Want net soos daar n reënboog na die onheil kom
Weet ek, ek sal weer my verf splinters optel en my lugkastele verkleur...lewend maak...want daar's hoop in woorde


E...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Ware noord

Dansende vlerke...