Ou liefde...
Kan ou liefde jou weer vind Soos wat die laatmiddag winter sonstrale dans oor jou gesig in die canola geel velde Net soos jy dink hoop is verlore Sien jy land Dit praat twee tale van harte wat Gesink het sonder ankers Misverstande vertel eeue oue leuens wat waarheid vermom het Maar die oomblik wat hulle oë ontmoet Val die spinnerakke van verlore weg en die seewier van verlange verdroog Jou oë was toe al die tyd my kompas Hoe kon ek so blind wees Elke persoon wat ek ontmoet het...het ek met jou spook in my na gekyk Min besef om myself te beskerm Kon niemand die mas opkom teenoor jou nie Self nou...terwyl ek voor jou staan en met dieselfde bril kyk Kan ek my oë nie glo nie Maar ek weier om oogkontak te breek Want dalk net...verloor ek ons weer Ou liefde vergaan nie...