Ou liefde...

Kan ou liefde jou weer vind
Soos wat die laatmiddag winter sonstrale dans oor jou gesig in die canola geel velde
Net soos jy dink hoop is verlore
Sien jy land
Dit praat twee tale van harte wat
Gesink het sonder ankers
Misverstande vertel eeue oue leuens wat waarheid vermom het
Maar die oomblik wat hulle oë ontmoet
Val die spinnerakke van verlore weg en die seewier van verlange verdroog
Jou oë was toe al die tyd my kompas
Hoe kon ek so blind wees
Elke persoon wat ek ontmoet het...het ek met jou spook in my na gekyk
Min besef om myself te beskerm
Kon niemand die mas opkom teenoor jou nie
Self nou...terwyl ek voor jou staan en met dieselfde bril kyk
Kan ek my oë nie glo nie
Maar ek weier om oogkontak te breek
Want dalk net...verloor ek ons weer
Ou liefde vergaan nie...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Ware noord

Dansende vlerke...