Gee my 'n rede...
So staan net stil vir n oomblik en luister na wat ek sê, nie na wat jy hoor nie Het dit dalk vir een oomblik deur jou doolhof gedagtes gegaan Dat my gypsey hart, kan wortels skiet Veral in woud soos jy, waar ek kan veilig voel Maar jy bly verdwyn en weg gaan, want jy dink dis wat ek wil hê Gee my n rede om te bly en ek sal vir jou skadu gee vir n leeftyd lank Vir die warm uit mergelende dae en die koue ys dae waar woorde vries So staan net stil vir n oomblik en ontmoet my daar waar die woorde vir ons albei sin maak So wat sê jy... Vat my hand en dans saam met my deur die res van ons somers...