Gee my 'n rede...
So staan net stil vir n oomblik
en luister na wat ek sê,
nie na wat jy hoor nie
Het dit dalk vir een oomblik
deur jou doolhof gedagtes gegaan
Dat my gypsey hart, kan wortels skiet
Veral in woud soos jy,
waar ek kan veilig voel
Maar jy bly verdwyn en weg gaan, want jy dink dis wat ek wil hê
Gee my n rede om te bly
en ek sal vir jou skadu gee
vir n leeftyd lank
Vir die warm uit mergelende dae
en die koue ys dae
waar woorde vries
So staan net stil vir n oomblik
en ontmoet my daar
waar die woorde vir ons albei
sin maak
So wat sê jy...
Vat my hand
en dans saam met my
Comments
Post a Comment