Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...
  Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...   Maar sou jy ooit my leestekens en hoofletters verstaan het   Sou jy tussen die lyne kon lees   En die liefde kon voel     En nie net ‘n warboel letter sien nie   Sou jy kon tussen Hello en goodbye verstaan wat ek probeer vir jou wys met my hand gebare   Met die min woorde wat ek het   Of sou jy dit verkeerd verstaan   Wat ek nie kon sê nie   Want hoe moet my pen   sê waar my oë my gevaal het   En my voete nooit saam kon gaan nie   So nou is my wonder groter as my   hart wat skree, skryf weer...   Al is dit die duisendste blaai wat die snipper mandjie begroet sonder seremonie   So mag my liefde op die wind ry en deur die son gelei word en met reën orde vind   En met die hoop van die jare al, glo ek sal dit jou verras en dat jy getuie sal wees daarvan   En dit beter verstaan as ‘n klomp lyntjies wat woorde vorm op ‘n velletjie stam.   Ek het vir jou geskryf...net nie soos die wêreld dit wou h ê nie... ...E...