Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

 

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Maar sou jy ooit my leestekens en hoofletters verstaan het

Sou jy tussen die lyne kon lees

En die liefde kon voel

 En nie net ‘n warboel letter sien nie

Sou jy kon tussen Hello en goodbye verstaan wat ek probeer vir jou wys met my hand gebare

Met die min woorde wat ek het

Of sou jy dit verkeerd verstaan

Wat ek nie kon sê nie

Want hoe moet my pen  sê waar my oë my gevaal het

En my voete nooit saam kon gaan nie

So nou is my wonder groter as my  hart wat skree, skryf weer...

Al is dit die duisendste blaai wat die snipper mandjie begroet sonder seremonie

So mag my liefde op die wind ry en deur die son gelei word en met reën orde vind

En met die hoop van die jare al, glo ek sal dit jou verras en dat jy getuie sal wees daarvan

En dit beter verstaan as ‘n klomp lyntjies wat woorde vorm op ‘n velletjie stam.

Ek het vir jou geskryf...net nie soos die wêreld dit wou hê nie...


...E...




Comments

Popular posts from this blog

Ware noord

Dansende vlerke...