Hoop ek...
Eendag wanneer my Kersie Bloeisel voetpad met jou Steenkool aarde kruis...hoop ek... Al is my gesig verbloem deur my gelukkig geel sonskyn en die bessie reuk in jou gesig ontplof en my parfuum na jou toe aan gesweef kom en dit jou terg dat jy heeltemal van jou sinne beroof sal wees Jou donker see en aarde reuk slaan my ongrasieus van my voete af Die wêreld verblind my en wil nie toelaat dat ek jou aanraak nie Jy is in my gedagtes gegrafeer soos 'n reëndruppel op droeë namakwa sand jy moet weet wat my naam is... In die donker sterre prag se skouspel, bots ons soos bekende vriende jy met jou leer en sandalhout masker en ek met my lelie van die nag vlerke ons herken mekaar dadelik al skei ons paaie weer ons hou vas daaraan dat ons geure saam ons sal beskerm en bewaar tot ons mekaar weer sien. Deur al die danse en musiek van die lewe, los jy my nooit nie alleen nie...ek wonder... Mag my geur jou na my toe lei Met al die wandelpaaie en ekspidisies van geure verl...