Hoop ek...

Eendag wanneer my Kersie Bloeisel voetpad met jou Steenkool aarde kruis...hoop ek...

Al is my gesig verbloem deur my gelukkig geel sonskyn 

en die bessie reuk in jou gesig ontplof

en my parfuum na jou toe aan gesweef kom en dit jou terg

dat jy heeltemal van jou sinne beroof sal wees


Jou donker see en aarde reuk slaan my ongrasieus van my voete af 

Die wêreld verblind my en wil nie toelaat dat ek jou aanraak nie

Jy is in my gedagtes gegrafeer soos 'n reëndruppel op droeë namakwa sand

jy moet weet wat my naam is...


In die donker sterre prag se skouspel, bots ons soos bekende vriende

jy met jou leer en sandalhout masker en ek met my lelie van die nag vlerke

ons herken mekaar dadelik al skei ons paaie weer 

ons hou vas daaraan dat ons geure saam ons sal beskerm en bewaar tot ons mekaar weer sien.


Deur al die danse en musiek van die lewe, los jy my nooit nie alleen nie...ek wonder...

Mag my geur jou na my toe lei


Met al die wandelpaaie en ekspidisies van geure verloor jy nie moed nie...en jy het hoop...

jou geur hou my veilig












Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...

Dansende vlerke...