Ware noord

 Mag jy sien dat hierdie uit my diepste ek uit kom

en weet dat hierdie kaart al vir duisende jare uiteengesit is

ek moet dit glo vir ons albei dat dit so is

Mag die suiderkruis jou altyd lei na my toe

en as dit bewolk is, mag die wind jou wys

en as dit windstil is mag die maan vir jou die pad aan gee

Mag jy altyd weet waar jou hart rus 

Mag jy altyd opkyk en weet jy is nie alleen nie

Waar ookal jy jousself op jou reise bevind weet ons sien dieselfde maan, en mag dit ons nooit laat 

ophou soek nie

Mag jy weet dat ek jou sal koester soos die see sy geheime hou

en dat ek jou hart sal bewaar soos 'n oester sy pêrel beskerm

Mag niemand jou liefde klein hou en in 'n boek op skryf om net deur vismotte verteer te word nie

weet jy verdien al die Rooihout woude, die sahara woestyn en die massas water in die wêreld se 

liefde

Bêre dit diep in jou hart en weet dat ek die 7 sees deur sal seil met 'n gebreekte kompas, al die 

berge sal klim met stukkende skoene om jou te soek met 'n sonbril op, en wanneer ek jou vind...

mag jou orkaan in jou kop tot stilstand ruk en die tornado in jou hart sy verwoesting stop en 

jou seiljag anker gooi vir ewig

Mag jy weet dat jy my noord is deur al my vulkane en tropiese siklone, al het ons storms nog nie 

teen mekaar gebars nie

en mag jy weet dat deur die hangmatte van die lewe daar altyd 'n holte langs my vir jou was, is en 

sal wees

En mag jy dié hou en bêre in jou binneste binne, en wanneer ons ontplof, herhinner jy my net weer

wanneer die selfsug my verblind en die seer my hart in klip toor 

veral wanneer ek nooit weer iets reg sal kan sê nie...brand dit in jou gedagtes in

So mag jy dit as 'n belofte hou, wanneer jy jou noord vind, dat jy weet dié is wie ek is...


BOTTEL - MAG DIE SEE JOU DIE PAD WYS, EN MAG JY DEUR LIEFDE GELEI WORD EN EINDE TEN LAASTE JOU EIND BESTEMMING BEREIK EN WEET DIT IS WAAR JY MOET STORMS BEGIN. 



E...



Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...

Dansende vlerke...