Posts

Showing posts from April, 2022

Toe vind ek my...

Image
Ekt haar nie eers herken nie Die dowwe kleur van die diep blou see wat na my terug staar Ek vee vervaard die spieël  af, dalk is dit vuil Kyk dieper...verby elke laag Waar is jy meisiekind, kan ek nie help om te skree nie Maar sy antwoord nie Ek kry nie n antwoord nie Dan sien ek dit... Die strepies sonskyn wat deur die gekraakte siel deur skyn van haar hart af Verlig glimlag ek...sys nog hier kan ek nie help om te skree nie Niemand om te hoor behalwe ek nie... Met 'n skaam glimlag wink sy my nader Voete diep in die koue seesand geplant Soek jy my, vra sy... Eks nog die hele tyd hier...sê haar stem flou oor die wind Haar oe straal van opwinding en onsekerheid tegelyke tyd Sy sien kans vir als, maar die sand om haar enkels rys by die oomblik hoër  Een minuut is haar oë vriendelik, dan neem die angs oor, dan soek sy verdwaas deur die mis...haar oë vlieg vervaard oor die horison Hoor jy nie?  Sien jy dit ook?  Daar in die verte?!?!  Sy wys met haar ving...

Vir my ...

Image
VIR MY... …Is jy ‘n sonneblom in die dooie winters van die vrystaat vlaktes …‘n silwer randjie vir my donker wolke …die reënbui na ‘n uitmergelende warm dag …is jy ‘n dans in die reën …’n groen streep deur die Aurora Borealis (“northern lights”) van my lewe …die agste wêreld wonder vir my …is jy meer as net ‘n moeras in my dorre woestyne …’n glas wyn op die stoep aan die einde van ‘n lang dag …die drukkie wat ek nodig het na ‘n moeilike tyd …is jy ‘n albatross wat altyd sy pad terug vind na my toe …’n koppie koffie met sonsopkoms op ‘n yskoue winters oggend …die panda beer skelmstreke wat my laat lê van die lag …is jy ‘n sondersondergang wat ek op die strand met ‘n verlangende hart dophou …die kalmte tot my storms …’n 4 blaar klawer in die karoo ooptes …is jy die alikruik skulp teen my oor wat my herhinner daar is ‘n groter wêreld daar buite …die bosloerie wat my waarsku van enige gevaar wat op my pad kom …’n enkele lelie in 'n opgedroogte vlei …is jy die rooiborsduif wat niema...