Toe vind ek my...

Ekt haar nie eers herken nie
Die dowwe kleur van die diep blou see wat na my terug staar
Ek vee vervaard die spieël  af, dalk is dit vuil
Kyk dieper...verby elke laag
Waar is jy meisiekind, kan ek nie help om te skree nie
Maar sy antwoord nie
Ek kry nie n antwoord nie
Dan sien ek dit...
Die strepies sonskyn wat deur die gekraakte siel deur skyn van haar hart af
Verlig glimlag ek...sys nog hier kan ek nie help om te skree nie
Niemand om te hoor behalwe ek nie...
Met 'n skaam glimlag wink sy my nader
Voete diep in die koue seesand geplant
Soek jy my, vra sy...
Eks nog die hele tyd hier...sê haar stem flou oor die wind
Haar oe straal van opwinding en onsekerheid tegelyke tyd
Sy sien kans vir als, maar die sand om haar enkels rys by die oomblik hoër 
Een minuut is haar oë vriendelik, dan neem die angs oor, dan soek sy verdwaas deur die mis...haar oë vlieg vervaard oor die horison
Hoor jy nie?  Sien jy dit ook?  Daar in die verte?!?!  Sy wys met haar vinger op die horison van die see na niks.
Ek vryf my oë, ek sien niks nie...ek raak bekommerd met die sand wat al by haar middel lyf kom
Wat sien jy vra ek?
N mooi wit seiljag wat op die horison lê, kan jy nie sien hoe hy vir ons sein stuur met n stukkie glas nie
Ek probeer weer diep te kyk maar sien niks nie, ek draai na haar toe om vir haar te vra om vir my mooi te wys
Maar toe is sy net weg...
Ek begin verbouereerd na haar soek, meisiekind waar is jy skree ek weer
Ek vlieg om, is sy in die port Jackson's op die rand...nee
Is sy in die rotse met die skerp punte...nee
Sand....kan nie wees nie, dit trek my aan....ek val op my kniee en begin grou, eks naar van die angs
In die warboel van emosies en my vingers wat rou is, kom daal die sonsondergang op my soos n dodelike vrede...
Ek kyk op....
Daar staan sy in die vlak branders, met haar voshare in die see wind en oë die kleur van die diep blou see, met die vrede van n sonsopkoms op haar gesig
Soek jy my...vra sy sag
Haar mond hoeke kril om en spreek boekdele van die diep blou see van haar siel
Ek sien sy koester iets in haar hande
Ek hardloop na haar toe, en gooi my arms om haar en besef ek wil haar nooit weer laat gaan nie, en vra haar wat hou jy in jou hande 

Toe wys sy my wat sy vashou met die krag van n geroeste anker...VIR MY! 

E...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...

Dansende vlerke...