Vir my ...


VIR MY...

…Is jy ‘n sonneblom in die dooie winters van die vrystaat vlaktes
…‘n silwer randjie vir my donker wolke
…die reënbui na ‘n uitmergelende warm dag
…is jy ‘n dans in die reën
…’n groen streep deur die Aurora Borealis (“northern lights”) van my lewe
…die agste wêreld wonder vir my
…is jy meer as net ‘n moeras in my dorre woestyne
…’n glas wyn op die stoep aan die einde van ‘n lang dag
…die drukkie wat ek nodig het na ‘n moeilike tyd
…is jy ‘n albatross wat altyd sy pad terug vind na my toe
…’n koppie koffie met sonsopkoms op ‘n yskoue winters oggend
…die panda beer skelmstreke wat my laat lê van die lag
…is jy ‘n sondersondergang wat ek op die strand met ‘n verlangende hart dophou
…die kalmte tot my storms
…’n 4 blaar klawer in die karoo ooptes
…is jy die alikruik skulp teen my oor wat my herhinner daar is ‘n groter wêreld daar buite
…die bosloerie wat my waarsku van enige gevaar wat op my pad kom
…’n enkele lelie in 'n opgedroogte vlei
…is jy die rooiborsduif wat niemand sal skiet nie, want niemand skiet ‘n boodskap wat rooi is nie
…die eeue oue kalander wat gewortel staan en die wêreld onder sy blare en takke beskerm
…’n bloedrooi roos knoppie wat na ‘n lang winter uiteindelik besluit om oop te maak en die lente aan te kondig
…is jy die liefde in ‘n Elizabeth Barret-Browning gedig
…die eerste oog opslag glimlag deur ‘n venster
…’n kosmos wat onder die aakligste omstandighede Hoop bring
…is jy vuurvliegie in die donker nag
…die mooi blommetjie in my sement krake
…’n Lasso vir my mustang hart, wat my huistoe bring
…is jy daardie haarnaald fyn son strepe deur die stormwolke
…die opgewonde gil en na jou toe hardloop en om duik by die lughawe na maande van mekaar nie sien nie

E...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...

Dansende vlerke...