Die Tafel
Die tafel onder die druiwe prieel Vertel van 'n storie wat oor vertel moet word, soos elke los klippie onder sy pote Alles pas onperfek perfek... Elke stoel met 'n skewe poot of 'n keep weg in sy rug leuning Daardie tafel wink my nader en laat my hart droom van lig wees Dit laat die geraas om my verdwyn wanneer ek daaraan dink Ek kan al die gelag en joligheid hoor En die warm somers aand aanvoel wat ons omvou en veilig hou Vergete elke groef in die tafel se blad van die verlede Familie...groot, klein, oud, jonk, vriende, kennisse en vriende wat familie geword het. Elke merk daar of dit so moet wees. Met daardie tafel het jy my... Daar kan ons al ons verskille vergeet En al het ons net die tafel, mag dit dan so wees Daar kan ons na mekaar met deurnis en liefde kyk Soos wat elke gloeilamp anders is en lig skyn op sy manier en die goeie in die lewe vir ons goud verf Van verhale van liefde, vrede, hoop, vreugde, omgee en verstaan My hart verlang na dit...mag dit nie net 'n...