Die Tafel

 Die tafel onder die druiwe prieel

Vertel van 'n storie wat oor vertel moet word, soos elke los klippie onder sy pote

Alles pas onperfek perfek...

Elke stoel met 'n skewe poot of 'n keep weg in sy rug leuning

Daardie tafel wink my nader en laat my hart droom van lig wees

Dit laat die geraas om my verdwyn wanneer ek daaraan dink

Ek kan al die gelag en joligheid hoor

En die warm somers aand aanvoel wat ons omvou en veilig hou

Vergete elke groef in die tafel se blad van die verlede

Familie...groot, klein, oud, jonk, vriende, kennisse en vriende wat familie geword het.

Elke merk daar of dit so moet wees.

Met daardie tafel het jy my...

Daar kan ons al ons verskille vergeet

En al het ons net die tafel, mag dit dan so wees

Daar kan ons na mekaar met deurnis en liefde kyk

Soos wat elke gloeilamp anders is en lig skyn op sy manier en die goeie in die lewe vir ons goud verf

Van verhale van liefde, vrede, hoop, vreugde, omgee en verstaan

My hart verlang na dit...mag dit nie net 'n droom bly nie

Terwyl ek sit en dink aan daardie tafel, met elke ligstreep van goue glimlagte wat oor almal spoel om die tafel

Is jy meer as ooit in my gedagtes...

die groen druiwe blare ritsel in die aand lig...asof hulle alreeds weet

...'n Konings maal is voorberei vir ons mense

En ek kan nie help om my arm om jou nek te sit en vir jou te glimlag nie

En ek weet ek is waar ek moet wees

Jy knipoog vir my asof niemand dit raak sien nie

Verlore in ons eie klein wêreldjie...veilig genoeg om vry te wees.

'n Gelag bars weer los oor iets wat iemand weer kwyt geraak het...en dit trek ons aandag

Ek word bewus van jou vingers wat speel met die krulletjies in my nek wat ontsnap het

En vir 'n oomblik voel ek dit...en ek dink jy ook...terwyl ons alwetend stilletjies vir mekaar kyk

Hierdie tafel is ons huis, onder goud verlig en met lag gespesery en in liefde gedoop

Daardie tafel in die koel somers aandlig...is 'n baken van Hoop

...vir drome wat nog nie verlore is nie

...daardie hout tafel onder die druiwe prieel met sy keupe en krom hout wat onder die goud strepe smag om te lewe


E...



Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Ware noord

Dansende vlerke...