Ek is wie ek is

My ma het my selfstandig groot gemaak
Ek is 'n alleen mens en verdwyn met tye
Maar weet ek sal nie 2 keer dink om jou te help nie en dat ek nie bang is om my hande vuil te kry nie
Ek pas nie in die wêreld se boksies van die perfekte vrou nie
Maar ek het geleer om myself lief te hê vir wie ek is
Jy hoef my nie te verstaan nie
Maar weet dat ek altyd jou back sal hê
Ja my rooikop geite kry soms die beste van my
Maar ek huil net so maklik
Ek verstaan mense glad nie
Maar so sal ek my kniee deur skaaf om die wêreld beter te maak vir 'n ander
Ek is soms hardegat...want ek sal jou verkeerd bewys
op my stil manier sal die enigste verweer 'n glimlag wees
Ek is nie goed met my emosies wegsteek nie
Al probeer ek, staan dit op my gesig geskryf
Ek lag soms so hard dat mense my weird aankyk
en soms kry ek my stil stuipe, wat niks beteken...behalwe ek wat alles wat ek voel moet "reassess"...en realign...eks nie kwaad nie
Party dae gaan ek aan jou hang en ander dae moet jy nie eers na my kyk nie
Ek weet wat die Here vir my beteken en ekt gesien hoe hy my uit 'n diep donker put uit tel
En op my goeie dae glip daar 'n vloek woord oor my lippe
...maar deur als moet jy weet ek sal alles vir jou doen
Ek is nie die mooi poppie in die hoek nie
Eks die kaalvoet girl met n glas wyn in die hand, blom in die hare wat net happy wil wees
Ek gee 100% ...en ek verwag niks minder terug nie
Ek settle vir niks minder nie...nie weer nie!

E...

Comments

Popular posts from this blog

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Gee my 'n rede...

Dansende vlerke...