My ma het my selfstandig groot gemaak Ek is 'n alleen mens en verdwyn met tye Maar weet ek sal nie 2 keer dink om jou te help nie en dat ek nie bang is om my hande vuil te kry nie Ek pas nie in die wêreld se boksies van die perfekte vrou nie Maar ek het geleer om myself lief te hê vir wie ek is Jy hoef my nie te verstaan nie Maar weet dat ek altyd jou back sal hê Ja my rooikop geite kry soms die beste van my Maar ek huil net so maklik Ek verstaan mense glad nie Maar so sal ek my kniee deur skaaf om die wêreld beter te maak vir 'n ander Ek is soms hardegat...want ek sal jou verkeerd bewys op my stil manier sal die enigste verweer 'n glimlag wees Ek is nie goed met my emosies wegsteek nie Al probeer ek, staan dit op my gesig geskryf Ek lag soms so hard dat mense my weird aankyk en soms kry ek my stil stuipe, wat niks beteken...behalwe ek wat alles wat ek voel moet "reassess"...en realign...eks nie kwaad nie Party dae gaan ek aan jou hang en ander...
Comments
Post a Comment