Posts

Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie...

Image
  Jy wil weet hoekom ek nooit geskryf het nie... Maar sou jy ooit my leestekens en hoofletters verstaan het Sou jy tussen die lyne kon lees En die liefde kon voel   En nie net ‘n warboel letter sien nie Sou jy kon tussen Hello en goodbye verstaan wat ek probeer vir jou wys met my hand gebare Met die min woorde wat ek het Of sou jy dit verkeerd verstaan Wat ek nie kon sê nie Want hoe moet my pen   sê waar my oë my gevaal het En my voete nooit saam kon gaan nie So nou is my wonder groter as my   hart wat skree, skryf weer... Al is dit die duisendste blaai wat die snipper mandjie begroet sonder seremonie So mag my liefde op die wind ry en deur die son gelei word en met reën orde vind En met die hoop van die jare al, glo ek sal dit jou verras en dat jy getuie sal wees daarvan En dit beter verstaan as ‘n klomp lyntjies wat woorde vorm op ‘n velletjie stam. Ek het vir jou geskryf...net nie soos die wêreld dit wou h ê nie... ...E...

Gee my 'n rede...

Image
So staan net stil vir n oomblik  en luister na wat ek sê,  nie na wat jy hoor nie Het dit dalk vir een oomblik  deur jou doolhof gedagtes gegaan Dat my gypsey hart, kan wortels skiet Veral in woud soos jy,  waar ek kan veilig voel Maar jy bly verdwyn en weg gaan, want jy dink dis wat ek wil hê Gee my n rede om te bly  en ek sal vir jou skadu gee  vir n leeftyd lank Vir die warm uit mergelende dae  en die koue ys dae  waar woorde vries So staan net stil vir n oomblik  en ontmoet my daar  waar die woorde vir ons albei  sin maak So wat sê jy... Vat my hand  en dans saam met my deur die res van ons somers...

Die Tafel

Image
 Die tafel onder die druiwe prieel Vertel van 'n storie wat oor vertel moet word, soos elke los klippie onder sy pote Alles pas onperfek perfek... Elke stoel met 'n skewe poot of 'n keep weg in sy rug leuning Daardie tafel wink my nader en laat my hart droom van lig wees Dit laat die geraas om my verdwyn wanneer ek daaraan dink Ek kan al die gelag en joligheid hoor En die warm somers aand aanvoel wat ons omvou en veilig hou Vergete elke groef in die tafel se blad van die verlede Familie...groot, klein, oud, jonk, vriende, kennisse en vriende wat familie geword het. Elke merk daar of dit so moet wees. Met daardie tafel het jy my... Daar kan ons al ons verskille vergeet En al het ons net die tafel, mag dit dan so wees Daar kan ons na mekaar met deurnis en liefde kyk Soos wat elke gloeilamp anders is en lig skyn op sy manier en die goeie in die lewe vir ons goud verf Van verhale van liefde, vrede, hoop, vreugde, omgee en verstaan My hart verlang na dit...mag dit nie net 'n...

Ek is wie ek is

Image
My ma het my selfstandig groot gemaak Ek is 'n alleen mens en verdwyn met tye Maar weet ek sal nie 2 keer dink om jou te help nie en dat ek nie bang is om my hande vuil te kry nie Ek pas nie in die wêreld se boksies van die perfekte vrou nie Maar ek het geleer om myself lief te hê vir wie ek is Jy hoef my nie te verstaan nie Maar weet dat ek altyd jou back sal hê Ja my rooikop geite kry soms die beste van my Maar ek huil net so maklik Ek verstaan mense glad nie Maar so sal ek my kniee deur skaaf om die wêreld beter te maak vir 'n ander Ek is soms hardegat...want ek sal jou verkeerd bewys op my stil manier sal die enigste verweer 'n glimlag wees Ek is nie goed met my emosies wegsteek nie Al probeer ek, staan dit op my gesig geskryf Ek lag soms so hard dat mense my weird aankyk en soms kry ek my stil stuipe, wat niks beteken...behalwe ek wat alles wat ek voel moet "reassess"...en realign...eks nie kwaad nie Party dae gaan ek aan jou hang en ander...

Ou liefde...

Image
Kan ou liefde jou weer vind Soos wat die laatmiddag winter sonstrale dans oor jou gesig in die canola geel velde Net soos jy dink hoop is verlore Sien jy land Dit praat twee tale van harte wat Gesink het sonder ankers Misverstande vertel eeue oue leuens wat waarheid vermom het Maar die oomblik wat hulle oë ontmoet Val die spinnerakke van verlore weg en die seewier van verlange verdroog Jou oë was toe al die tyd my kompas Hoe kon ek so blind wees Elke persoon wat ek ontmoet het...het ek met jou spook in my na gekyk Min besef om myself te beskerm Kon niemand die mas opkom teenoor jou nie Self nou...terwyl ek voor jou staan en met dieselfde bril kyk Kan ek my oë nie glo nie Maar ek weier om oogkontak te breek Want dalk net...verloor ek ons weer Ou liefde vergaan nie...

Woord Splinters

Image
Somtyds is dit 'n liedjie op herhaal wat die woorde laat los skilfer van die mure om my hart Dit is daardie skilfers wat om my voete val, waarmee ek die wêreld wil mooi verf Soms maak die woorde kwas strepe wat ek niks mee kan maak nie Maar soms blom die woorde in die laatmiddag son Ander dae is dit 'n fluistering op die wind wat my vind Wat wortelskiet en spruit in die krake van my mure En dan ontvou dit in die mooiste soektogte na mense se harte Want ekt geleer...in woestyne mag dit ook reën En dan is daar die stil oomblikke... Niks wat op die wind met my praat nie Dis anders as toe ek my verf splinters nie in n kissie kon hou nie en hul misverstaan was Maar in daardie wind stiltes is daar 'n vrede... Want net soos daar n reënboog na die onheil kom Weet ek, ek sal weer my verf splinters optel en my lugkastele verkleur...lewend maak...want daar's hoop in woorde E...

Dansende vlerke...

Image
Sy wou vir ewig kaalvoet dans Vry onder die sterre Hare wild in die nag lig met haar glimlag wat eeue ou geheime verklap en oë wat die donker en die lig van die lewe kon voel Sy wou met alle mag net vlieg...sorgloos maar syt nie veilig gevoel in haar eie vel en deur mekaar vere nie Sy was bang vir die skaduwees van die nag wat haar te styf vas gehou het of haar vlerke wou knip of haar geraamtes wou lees en kaal uittrek Min het sy besef dat hulle ook nes sy opsoek was na dieselfde wolke wat verby die maan seil en die skouspel van die midder nag danse onder die maan Dis toe dat sy besef dit was al die tyd sy self wat met die skêr staan en sonder moeite haar eie vlerke knip want 'n komeet bly nie op 'n beplande wentel baan nie uit die vrees van ander mense se waarhede oor haar Met die beseffing...het sy die skêr die keer laat val in die sand en het sy los gebars uit die pik nag donkerte uit en veiligheid om die vuur van lewe gevind Sy het begin dans dat die bandjies om haa...

Internasionale Moedertaal dag

Image
Kwaad raak in enige ander taal laat my are opdroog Afrikaans se onophoudelike windpomp draai van woorde, beskerm my...troos my...verstaan my... Afrikaans jy is in my bene, jou uithouvermoë rank om my lyf en blom in my hart met passie en trots Afrikaans jy is meer as 'n taal...jy laat alles sin maak weer ♡

Significant seasons

Image
Significant seasons  With my birthday literally 2 days away... I thought about how your birthday happens annually every year on a set date and you upgrade every year, this year I will be going from 36 to 37.  And you expect that something significantly must happen...like waking up wiser or smarter or nicer on that day... But it made me think how the seasons that we go through in life do not have a set period to them, like a year or a day or a month.  They tend to be on their own time frame. So it doesn't matter that you wake up a year older on your birthday, it depends on what season you are in...and riding out that season and finishing that season with grace and courage, to be a better person of your self than what you were when you went into the new year of your life. Then someone asked me what will you be leaving behind in the old year and what will you be taking into the new year...and I said that I will be accepting where I am, and working to better mysel...

Toe vind ek my...

Image
Ekt haar nie eers herken nie Die dowwe kleur van die diep blou see wat na my terug staar Ek vee vervaard die spieël  af, dalk is dit vuil Kyk dieper...verby elke laag Waar is jy meisiekind, kan ek nie help om te skree nie Maar sy antwoord nie Ek kry nie n antwoord nie Dan sien ek dit... Die strepies sonskyn wat deur die gekraakte siel deur skyn van haar hart af Verlig glimlag ek...sys nog hier kan ek nie help om te skree nie Niemand om te hoor behalwe ek nie... Met 'n skaam glimlag wink sy my nader Voete diep in die koue seesand geplant Soek jy my, vra sy... Eks nog die hele tyd hier...sê haar stem flou oor die wind Haar oe straal van opwinding en onsekerheid tegelyke tyd Sy sien kans vir als, maar die sand om haar enkels rys by die oomblik hoër  Een minuut is haar oë vriendelik, dan neem die angs oor, dan soek sy verdwaas deur die mis...haar oë vlieg vervaard oor die horison Hoor jy nie?  Sien jy dit ook?  Daar in die verte?!?!  Sy wys met haar ving...